+27824417316   +27824417316  

Met Liefde Produkte


Met Liefde produkte is produkte wat geskep is deur passie vir kos wat nie geignoreer kon word nie.  Ilze Oberholzer word op ‘n plaas groot in die Vrystaat net buite Kroonstad.  Na skool het sy besluit om na Stellenbosch te gaan om te gaan studeer.  In 2006 behaal sy haar internasionale sertifikaat by “The Institute of culinary arts”.  Daarna verhuis sy na Potchefsroom en in 2007 trou sy met ‘n boer in die Vrystaat net buite die dorp Theunissen.

Na agt jaar se getroude lewe het die Met Liefde reeks die eerste keer die lig gesien.  Ilze het dit as ‘n geleentheid gesien om haar passie uit te leef al is sy ‘n tuisteskepper.  Die eerste Met Liefde produkte was Makataan konfyt, Peppadew jellie en haar tuisgemaakte Tabasco.  Hierdie produkte was aanvanklik gemaak met makatane en rissies uit haar tuin.

Met baie ondersteuning van haar man J.A, baie gebede en  geduld vanaf haar kinders het die produkte vanaf  2015 van krag tot krag gegaan.  Die groot geheim vir Ilze agter hierdie produkte is dat dit geen MSG,  bindmiddels of preserveermiddels bevat nie.  Met Liefde produkte was vir die eerste keer gesien by die Oesmark by Bothaville en kort daarna by ‘n deli in Parys.

Die reeks het gegroei tot ‘n stewige vier en dertig  produkte en vier permanente werkers.

Van die vars bestandele word aangekoop en dit wat sy in die tuin kan plant, plant sy.  Vrugte soos granate, kwepers en vye word deur vriendinne uit hul tuin met Baie liefde gegee.

Die  alombekende Karoo lam marinade word gebruik van die Kaap tot in Nelspruit.  Slaai is nie meer slaai sonder die Met Liefde slaaisouse nie.  Die Peer en Bloukaas slaaisous, sorg vir ‘n verassende smaak, maar nie net op jou slaai nie.  Dit kan gebruik word oor vleis, groente, pizza en vele meer.  Ilze het ook in 2018 die suikervrye slaaisous en marinade in haar reeks ingebring sodat die diabete  en die mense wat die banting dieët volg net so lekker kan smul.

Die res van die produkte is een beter as die ander en die keuse om te maak as jy van die produkte wil aankoop is nie ligtelik nie.

In die Met Liefde kombuis word elke produk sorgvuldig gemaak deur mense met dieselfde kos passie en so word elke bottel wat die kombuis verlaat nie net met liefde gemaak nie maar met die versekering dat elke happie die moeite werd sal wees.

© Kopiereg Met Liefde Produkte 2024. Alle regte voorbehou.
Geen artikel of foto mag gebruik word
sonder toestemming van Met Liefde Produkte.